Wednesday, 15 August 2012

Anlene se krokette

Anlene Broos
 
‎60ml botter/margarien
250g maalvleis
60ml fyn wortel
60ml fyn uie
Sout en peper
Knypie neut
15ml suurlemoensap
20ml fyngekapte pietersielie
75ml meel
250ml bees ekstrak of melk
125ml broodkrummles
1eier in 1tl water geklits
Olie vir diepbraaiVerhit een eetlepel botter en braai vleis, wortels en uie tot gaar en sag. Dreineer vleis en sit in mengbak. Voeg sout, peper, neut, suurlemoensap en pietersielie by en meng. Verhit oorblywende 3 eetlepels botter en roer meel by om 'n roux te vorm. Kook vir 2-3 min, voeg dan die ekstrak of melk by. Roer gedurig tot dik sous vorm. Meng sous met vleis mengsel. Verkoel vir ten minste 2ure in yskas tot dit "stol". Rol in balletjies (+- 2,5cm deursnee). Rol in broodkrummels, dan in eier en dan weer in krummels. Braai 'n paar op 'n slag in 5cm olie teen 190°C tot goudbruin (ong. 2-3 min) Dreineer op handdoekpapier en sit voor met mosterd.