Thursday 12 July 2012

Was van komberse:

Week oornag jou komberse 1 of 2 in 'n bad met kouewater en 2 koppies fyn sout. Roer die sout in die water en druk komberse daarin.

(Opsioneel- Jy kan 'n paar druppels laventel of bloekomolie bygooi, dit laat goggas nie naby jou kom nie).

Die volgende oggend gaan jy verstom wees oor die resultate! Spoel met skoonwater uit, waarin of waarsonder jy wasgoedversagmiddel ingegooi het. Jou komberse gaan sag en snoesig wees hierna!