Monday 23 July 2012

PEPPADEWS (PIKANTE RISSIES)

Karen Neethling Vd Merwe

ASYN
500 ml water
500 ml appel asyn
200 g suiker
2 ml swart mosterd saadjies
5 ml piekel speserye
1 ui in kwarte gesny
1 knoffelhuisie skoongemaak

Plaas al die bestanddele in 'n kastrol bring stadig tot kookpunt roer om suiker op te los, kook vir ongeveer 10 minute oor medium tot lae hitte verwyder ui en knoffel.

INTUSSEN
Maak 200 g pikante rissies skoon.
Sny die bo kant af en verwyder die pitte en die sagte wit weefsel versigtig uit.
Pak die rissies in 'n skoon fles.
Gooi die warm asyn oor en skud die bottel liggies om die lugborrels uit te kry, vul op met asyn indien nodig, maak dadelik toe.

NOTA
Ek het die appel asyn wat 'n 375 ml bottel is aangevul met gewone asyn tot 500 ml.
Die rissies is enige dag net so lekker as die gekooptes miskien lekkerder.
Dit staan 'n paar weke voor dit gebruik word