Bestanddele
Genooeg olywe om sowat 5 l bottels in totaal vol te maak.
Metode:
Gebruik altyd 'n emalje, hout of erde houer. Moet onder geen omstandighede Aluminium gebruik nie.
Neem olywe en was hulle.
Plaas hulle in die houer.
Laat die olywe nou vir 36 uur lank in 'n bytsoda oplossing van 56 g bytsoda op 4.5 l water week.Hou olywe heeltyd onder die water oplossing.
Spoel die olywe baie goed af met skoon water.
Laat in skoon water lê vir paar uur, gooi water af en gooi weer skoon water oor.
Na 2 dae toets net die water, dit moet skoon proe en nie alkalies nie.
Sodra skoon is maak 'n soutoplossing aan van 56 g Sout op 4.5 l water.
Laat die olywe oornag in die oplossing staan.
Gooi sout oplossing af en maak nuwe soutoplossing aan van 110 g sout op 4.5 l water.
Laat die olywe nou vir 2 dae in die oplossing staan.
Gooi weereens die soutoplossing af en maak nou 'n oplossing aan van 220 g sout op 4.5 l water.
Laat staan die olywe 1 dag in die oplossing.
Maak nou 'n soutoplossing van 335 g sout op 4.5 l water aan.
Die olywe moet 1 week in die oplossing staan.
Maak nou vir die laaste maal 'n soutoplossing aan van 390 g Sout op 4.5 l water en hou eenkant.
Neem die olywe en plaas hulle in bottels.
Bedek die olywe met die soutoplossing.
Gooi sowat 1 cm olie oor die olywe.
Seël met glasdeksels.
Metaaldeksels sal roes."Van n Kosmater!!