Friday 13 July 2012

Melktertpannekoek





Kyk net hierdie heerlike Melktertpannekoek Resep wat in die Weg is:


Probeer gerus ook ander vulsels soos geklopte room en sjokoladesmeer of lemon curd. Halveer die mengsels as jy minder gaste het.

Vir 1 groot koek (genoeg vir 20)
Jy benodig

•+-35 pannekoeke
•(vir die vulsel)
•8 koppies melk
•120 g mielieblom
•120 g koekmeel
•1 ½ koppie suiker
•1 eetlepel vanieljegeursel
•1 stokkie kaneel
•6 eiers
•4 eetlepels botter

Só maak jy
1.Maak jou pannekoekbeslag aan en bak eers die pannekoeke, want die melktervulsel stol vining. Jy het ongeveer 35 pannekoeke nodig vir ’n stapel soos dié op die foto.
2.Meng die mielieblom, koekmeel, suiker en eiers saam en hou eenkant. Verhit die melk en kaneel in ’n kastrol en roer vinnig die eiermengsel daarby. Bring dit tot kookpunt en roer gereeld totdat dit verdik.
3.Bou die koek deur 2 eetlepels van die melktertvulsel op ’n pannekoek te smeer en dan ’n pannekoek bo-op te sit. Gaan voort tot die beslag en pannekoeke op is.
4.Versier die koek met appelskywe wat in botter en heuning gebraai is.