Thursday 5 July 2012

Lemoenlikeur


Jy het 10 lemoene en 10 suurlemoene nodig. Was hulle goed en skrop skoon met 'n borsel.

Skil die vrugte dun af en bedek die skil met 4 bottels brandewyn. Voeg 1 teelepel heel kruienaeltjies by. Maak die vloeistof goed toe en laat staan 14 dae om te trek. Roer af en toe.

Maak 'n stroop deur 6 koppies suiker en 3 koppies water saam te kook tot 'n dik stroop.

Syg die vrugtevloeistof deur en voeg 2 bottels dik stroop by. Meng alles goed en bottel. Kurk die bottels dig.