Van al die kruiesoorte groei kruisement sekerlik die maklikste. Groenment is die algemene tuinment wat ons ken, maar probeer gerus ook ander variëteite soos peperment, sjokoladement, appelof selfs pynappelment.
Kweekwenke
• Ment sukkel om van saad te kweek – koop eerder ’n plantjie. Hy verdeel maklik vir nuwe plantjies. • Die meeste mentsoorte is indringend. Plant dit in ’n pot óf sommer pot en al in die bedding of in swaar kleigrond naby ’n kraan.
• Plant in halfskadu (kan ook in volson floreer) in effens klam grond. Maak seker die grond droog nooit heeltemal uit nie.
• Die plante is meerjarig en sal in die winter doodgaan, maar in die lente gou weer uitloop.
Oeswenke en gebruike
• Pluk blare en takkies soos jy dit nodig kry. Die blare en blomme kan regdeur die seisoen geoes word.
• Snoei ment in die winter terug – dit loop in die lente weer uit.
• Benewens die tradisionele gebruik in mentsous vir skaapboud, of saam met ertjies, gee ’n
hand vol gekapte ment ekstra geur aan die meeste geregte en slaaie.
• Kruisement is onmisbaar in ’n verleidelike mojito.
Kyk onder resepte vir die volgende: Ment-en-swartpeperstroop
Kruisement is soos ’n koel bries op die tong in die warm somermaande.
– Sonja Jordt