Thursday 5 July 2012

Gestopte Butternut

Elizma Louw Boonzaaier

Ek braai uie, peppers en sampioene, meng dit met die uitgeholde (gaar) butternut en 'n stywe witsous, skep dit terug en rasper cheddarkaas bo-oor en laat dit net so effens smelt in die oond. Dit is baie vullend en dien soms vir my en Kleinboet as 'n ligte aandete as ons te luis is vir kos maak. Jy kan nou natuurlik grand raak en bacon, ens ook byvoeg, maar ek hou van die groente smaak.