Tuesday 5 June 2012

Tuisgemaakte muesli (5 resepte)

Martha de Lange

4 k hawermout
2 k graanvlokkies
2 k grofgekapte gemengde neute

Meng alle bestanddele en bêre in ‘n lugdigte houer. Muesli kan 2 maande geberg word.







Vrugte-en-neut-muesli
Volg ons stappe en maak jou eie lekker en gesonde ontbytgraankos.
Oondtemperatuur: 120 ºC
•625 ml (300 g) hawermout
•125 ml (20 g) semels
•80 ml (30 g) koringkiem
•125 ml (40 g) droë klapper
•50 ml pampoenpitte
•50 ml sonneblomsade
•25 ml sesamsade
•125 ml (50 g) amandels, grofgekap
•125 ml (95 g) gekapte droëvrugte van jou keuse
•250 ml (190 g) sultanas
•125 ml (135 g) dadels, gekap
•125 ml heuning
•80 ml sonneblomolie
•125 ml appelsap

1 Meng al die droë bestanddele, buiten die vrugte, in ‘n groot bak.
2 Verhit die heuning, olie en appelsap saam tot die heuning gesmelt het en die mengsel warm is.
3 Gooi die heuningmengsel oor die droë bestanddele en roer tot al die bestanddele met heuning bedek is.
4 Sprei die mengsel op een of twee groot bakplate uit. Bak in ‘n voorverhitte oond vir 25 tot 35 minute of tot goudbruin. Roer die mengsel elke 10 minute terwyl dit bak. Haal uit die oond uit en laat eenkant afkoel.
5 Voeg die vrugte by en meng goed. Bêre in ‘n lugdigte houer.

Blink Idees
Moenie die gou-gaar soort hawermout koop nie. Kry gewone hawermout of, as jy wil, soek organise hawermout by ‘n gesondheidswinkel. Koringkiem en semels word by gesondheidswinkels verkoop, hoewel jy dit ook by die meeste supermarkte kan kry.

Maak ‘n gesonder weergawe deur die klapper uit te laat en meer semels en koringkiem by te voeg.

Sprei die mengsel op die bakplaat egalig uit sodat die bestanddele bros en goudbruin raak. Moenie vergeet van die muesli in die oond nie, want jy moet dit ‘n paar keer roer sodat dit egalig verbruin.

Eksperimenteer met verskillende geure waarvan julle hou. Jy kan die sade uitlaat en meer neute en vrugte gebruik, of jy kan ontpitte en gekapte pruime of rosyntjies pleks van dadels gebruik.

Kyk uit vir interessante droëvrugte-kombinasies by supermarkte of groentewinkels.

Gebruik net een soort gedroogde vrug, soos piesangs, bosbessies of stervrugte, pleks van die gemengde droëvrugte.



Yvonne Pelster

Hoe om jou eie muesli te maak:
Stap 1
Kies een of meer van die volgende grane as ’n basis. Minstens 50% van die muesli-mengsel moet uit grane bestaan.
• Hawermout
• Semelvlokkies (Soos Kelogg’s All-Bran)
• Mielievlokkies (Soos Kellogg’s Corn Flakes)
Stap 2
Sowat 40% van die mengsel moet uit neute en sade bestaan. Hier is ’n paar gewilde opsies:
• Pampoensade
• Sonneblomsade
• Sesamsaad
• Haselneute
• Amandelvlokkies
• Okkerneute
Stap 3
Die res van die mengsel moet uit droëvrugte bestaan.
• Gedroogde appelkose
• Gedroogde piesang
• Gedroogde pynappel
• Rosyntjies
• Sultanas
• Opgekapte dadels
Stap 4
Meng al die bestanddele in ’n groot bak. Laat jou muesli langer hou deur dit in lugdigte houers te bêre.
Ekstra krakerigheid
Om die muesli ’n meer neutagtige smaak te gee, kan jy die neute en sade rooster voordat jy dit by die ander bestanddele voeg. Voer ’n bakplaat met foelie uit en sprei die neute en sade eweredig op die foelie uit. Rooster dit in die oond vir ongeveer 10 minute. Maak die muesli ekstra krakerig deur dit in die yskas te hou.



Jennifer Clarke Beckemeier

2tbsps broken walnuts, 4tbsps uncooked oats, 2 tbsps sultanas, 2 chopped apples with the skin, 2 tbsp lemon juice, 1 tbsp castor sugar, 12ml creamy milk, 1 tbsp honey. Make and then soak overnight in the fridge. Here we also add other crunchy whole grain breakfast cereals. You can actually use your imagination and mix almost anything, adding banana chips etc.
Muesli (Onbekend)
Bestanddele
60 ml Heuning
60 ml Kookolie
250 ml Hawermout
250 ml Semels
50 ml Sesamesaad
100 ml Koringkiem
100 ml Klapper
100 g Sonneblom pitte
50 g Droë vrugte (In stukkies gesny)
50 g Rosyne
50 g Neute
'n Hand vol amandelvlokkies

Metode
Meng heuning en olie in 'n groot glas mengbak. Mikrogolf op 100% vir een minuut. Roer. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die laaste vyf (Van Sonneblom pitte af). Roer. Mikrogolf op 50% vir ongeveer 15 minute. Roer elke twee minute.
Die mengsel is reg as dit bruin begin verkleur. Koel af en voeg dan die vrugte en neute by. Bêre in lugdigte houers.