Monday 18 June 2012

Pieter Vercuiel se snoeksop




Bestanddele:

1 snoekkop
1 klein uitjie, fyngekap
¼ t witpeper
3 liter water
1 k droëboontjies
1 k lensies
2 aartappels in blokkies gesny
1 porsie vars snoek, in blokkies gesny
1 t vismasala
1 t borrie
¼ t droë rissie
1 E sout

Metode:
Sit die snoekkop, ui en witpeper in ‘n kastrol en bedek met water.
Kook vir 1 uur lank, gooi die aftreksel deur ‘n sif en hou dit.
Week die bone vir drie uur in water, dreineer, bedek met genoeg water en kook tot dit sag is.
Week die lensies vir ‘n halfuur in water, dreineer, bedek met genoeg water en kook tot dit sag is.
Sit nou die boontjies en lensies in die kastrol by die visaftreksel.
Voeg die aartappels en snoek daarby.
Geur dit met die vismasala, borrie, rissie en sout en laat dit prut tot die aartappels en die snoek gaar is