Tuesday 5 June 2012

Kerriehoender




Michael Coetzee
Vriende, dit is koel buite en miskien kan 'n lekker pot hoenderkerrie net die dag effens warmer maak...

Braai jou hoenderstukke saam met kerriepasta (Packo het 'n goeie kerriepasta op die rak), uie, tamatie, 3 loerierblare, 3 naeltjies, sout, swartpeper en rosyntjies in die pan tot 'n lekker kleur...
Wanneer hoenderstukke lekker bruin is verwyder hulle vanuit die kerriebasis en hou eenkant. Voeg aartappels by en kook tot sag. Sodra die aartappels sag is, word die hoender en 'n handvol pasta bygevoeg. Sodra die pasta sag is word 'n bakkie room bygevoeg en vir 10 minute laat prut...