Sunday 24 June 2012

Charlotte se lamsribbetjie



Bestanddele:
1 lamsribbetjie
½ k druiweasyn
witpeper
2 E grofgemaalde koljander
2 E growwesout
6 aartappels
2 uie
meelblom vir oorstrooi
2 E skaapvet

Metode:
Sprinkel die druiweasyn oor die lamsribbetjie.
Strooi die witpeper, koljander en sout daaroor en vryf dit in.
Draai die vleis om en herhaal die proses.
Voeg die aartappels en uie by en strooi meel oor.
Skep dan die skaapvet op die rib en bak teen 180º C in die oond vir 1½ uur.