Tuesday 5 June 2012

BOERE SAMOESAS

1 groot ui fyn gekap
25 ml olie
250mg maalvleis
10ml kerrie poeier
5ml borrie
5ml sout
25ml mielieblom
500ml koekmeel
10ml bakpoeier
2ml sout
100g botter/ kamertemperatuur
+/- 100ml koue water
Braai ui oor matige hitte tot sag. Voeg maalvleis by, roer met vurk tot los en braai tot gaar.Voeg kerriepoeier, borrie en sout by en braai 5min. Maak mielieblom aan met bietjie water tot pasta, roer by vleismengsel en kook tot dik. Laat afkoel.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter in meelmengsel in.
Sny die water met 'n slaplem mes in, gebruik genoeg water om 'n stywe beeg te vorm.
Rol die deeg dun uit op meelbestrooide oppervlak. Druk sirkels, 9cm in deursnee uit.
Skep teelepelsvol vulsel op elke sirkel.
Maak die rande van die deegsirkels klam met koue water. Vou die helfte van die deegsirkel oor die vulsel en druk die boonste rand styf op die onderste rand vas.
Braai die tertjies in warm, diep kookolie tot uitgerys en goudbruin.
Dreineer op kombuispapier