Monday, 21 May 2012

ONGEBAKTE GRONDBOONTJIEBLOKKIES

Liefa Griesel


1 koppie grondboontjiebotter

2 eetlepels botter

1 koppie sagte bruinsuiker

1 koppie gouestroop

1 koppie gemengde grondboontjies en rosyne

4 koppies Special K graanvlokkies

Spuit 'n 32 by 32 cm bak met kossproei

1.Smelt grondboontjiebotter,botter,suiker en stroop saam in kastrol oor lae hitte.

2.Verwyder van hitte en roer grondboontjiemengsel en graanvlokkies by en meng goed.

3.Druk vas in voorbereide bak en verkoel tot stewig

WENK:

¤Smelt 2 groot bar one's met 'n bietjie room en smeer oor klaar gesnyde blokkies.

¤Smelt 'n halwe slab witsjokolade in mikrogolf en smeer bo oor en laat stol.

¤Klits een blik caramel treat met bietjie melk met 'n elektriese klitser tot glad en smeer bo oor.