22,5 ml (een en 'n halwe eetlepel) gelatien
60 ml (1/4 k) koue water
250 ml (1 k) kookwater
250 ml (1 k) suiker
60 ml (1/4 k) suurlemoensap
gerasperde geel skil van 1/2 suurlemoen
2 eiers, geskei
vla poeier
Week die gelatien vir 5 minute of langer in koue water en los dit op in die kookwater.
Voeg suiker, suurlemoensap en -skil by.
Syg mengsel deur 'n sif en laat op 'n koel plek afkoel.
As die mengsel feitlik gestol is, klits dit met 'n vurk of klitser tot lig en sponserig.
Klits eierwitte styf en vou in.
Giet in 'n nat vorm om verder te stol.
Maak vla van die eiergele en sit voor saam met die poeding