Wednesday 25 April 2012

Vla-skywe




(sowat 6 skywe)
  • 1 vel blaardeeg
Versiersel
  • 200 g versiersuiker
  • 15 ml water
  • 15 ml suurlemoensap
Vulsel
  • 60 ml vlapoeier
  • 600 ml melk
Rol die blaardeeg redelik plat uit en halveer. Besprinkel ’n bakplaat liggies met water en prik die deeg goed met ’n vurk (dit sal keer dat die blaardeeg te veel rys). Bak vir ongeveer 15 minute teen 200 ˚C tot ligbruin, en laat afkoel op ’n afkoelrak. Meng die vlapoeier met ’n bietjie melk om ’n gladde pasta te vorm. Bring die res van die melk tot kookpunt, verwyder van die hitte en roer die vlapoeiermengsel by. Sit die vla terug op die hitte en roer aanhoudend vir ongeveer een minuut. Gooi die vla oor in ’n mengbak, bedek met kleefplastiek en laat effens afkoel. Sif die versiersuiker en meng met die water en suurlemoensap. Bedek een helfte van die blaardeeg met die versiersuiker-mengsel. Plaas die vlavulsel bo-op die onversierde blaardeeg-helfte en sit die versierde helfte bo-op. Sit in die yskas totdat dit gestol het en sny in skywe.


(SARIE)