Thursday, 5 April 2012

Idees met Murgpampoentjies (babymarrows)


Hier is twee oulike resepte vir Murgpampoentjies.  'n Murgpampoentjie Tert wat jy as 'n ete op sy eie kan bedien, of 'n Murgpampoentjie gereg wat jy as bygereg by 'n hoofmaal kan bedien.  Ideaal vir wanneer jou groentetuin 'n oorvloed murgpampoentjies vir jou gelewer het....

Murgpampoentjie tert

24 Murgpampoentjies gerasper
1 blik pitmielies (410g)
1 blik room mielies (410g)
1 groot ui gerasper
½ koppie kookolie
125 g bacon
½ koppie melk
1 koppie bruismeel
4 eiers geklits
2 koppies cheddar kaas grof gerasper
1 tl aromat
½ tl sout en peper
1 eetlepel margarine

Soteer uie en ontbytspek in die margarine.  Klits eier, melk en olie.  Meng al die bestandele saam, maar hou ‘n koppie kaas om bo-oor te strooi.
Bak teen 180 grade tot goudbruin en gaar.


Murgpampoentjie gereg

1 ui gekap
20 murgpampoentjies in skyfies gesny
1 dik wit uiesop poeier
½ - 1 K melk
1 eetl. Margarine
Gerasperde kaas (opsioneel)

Roerbraai die ui in margarine tot gaar en ligbruin.
Voeg die murgpampoentjies by en roerbraai oor matige hitte vir ‘n paar minute.
Skep groente in bakskottel.
Meng soppoeier en melk en giet oor groente.
Strooi kaas bo-oor.  Bak in oond teen 180 grade tot gaar.

(Twee eiers kan ook saam met die melk geklits en bygevoeg word.)
(Toor met min resepteboekie)