Thursday 22 March 2012

TUNANOEDELGEREG

Sandra Deyzel

150 g noedels soos macaroni (375ml)
20 g botter of margarien ...(25ml)
1 ui, fyn gekap
63 g sampioenroomsoppoeier (1 pakkie)
en
500 ml water
of
450 g sampioenroomsop (1 blik)
200 g tuna, gedreineer en gevlok (1 blik)
2 eiers, geklits
100 g Cheddarkaas, gerasper (250 ml)

METODE:

1 Kook die noedels gewoonweg in soutwater tot sag.

2. Verhit die botter en soteer die ui daarin totdat dit sag en deurskynend is.

3. Verhit die sampioenroomsoppoeier en water saam en laat dit 2 minute lank kook.

4. Vermeng die noedels, ui, sampioensop, tuna, eiers en kaas.

5. Skep die mengsel in `n gesmeerde oondskottel.

6. Bak dit 30 minute lank in `n voorverhitte oond by 180C (350F).