Monday 19 March 2012

Tuin paadjie legkaart

As jy 'n klompie oortollige bakstene het wat rondlê, is hierdie oulike idee dalk ietsie wat jy kan gebruik.  Selfs gebreekte bakstene kan werk.

Hier is geen reëls nie.  Jy pak hul net soos jy lus kry en op enige manier - amper soos 'n legkaart.  Dis juis wat dit so interessant maak.  Dis 'n projek wat die gesin oor 'n naweek kan aanpak en wat die kinders sal geniet.  Versag die rand van die paadjie met klein struike wat half oor die paadjie se kante sal groei of rank.