Thursday 22 March 2012

TOUKUNS






















Toukuns was baie gewild in die jare 60-70, maar danksy die wol-herlewing het dié handwerkvorm nou ’n moderne baadjie gekry. Ons wys jou hoe om dié fietsie met gare en spykers te maak.

Jy benodig

fietspatroon
houtbord (laag- of dennehout)
verf en verfkwas (opsioneel)
klein paneelspykers
borduur- of hekelgare of dun tou
herposisioneerbare spuitgom
dik merkpen
hamer
tang
skêr
potlood

WENK Gebruik dieselfde tegniek om nommers, letters of selfs ’n naam op groter skaal en in verskillende kleure te maak

















1 Vergroot die patroon of gebruik jou eie ontwerp. Ons het die fiets van ’n foto af nageteken. Vergroot die patroon om op jou bord te pas en sodat jy genoeg detail sal kan inkry.
0412EOhowtostringart-

2 Verf nou jou bord as jy wil. Ons het ons s’n wit geverf om ’n mooi kontras met die donker gare te kry. Terwyl jy wag dat die verf droog raak, kan jy solank kolletjies op jou patroon begin maak op die plekke waar jy die spykers wil inslaan. Gebruik ’n dik merkpen en maak seker daar is genoeg spasie tussen die kolletjies sodat jy die spykers maklik sal kan inslaan. WENK Daar is nie reëls oor hoeveel kolletjies jy moet maak en hoe ver hulle uit mekaar moet wees nie, maar onthou dat jy meer spykers op rondings moet hê om die rondings mooi te kan maak. Jy hoef ook nie perfekte rye te maak nie; daar moet net genoeg spykers wees om die detail in te kry.
0412EOhowtostringart- 2

3 Spuit gom aan die agter-kant van die kolletjies-patroon en plak dit op die bord vas.
0412EOhowtostringart- 3

4 Kap nou ’n spyker op elke kolletjie in. Jy kan die spykers met ’n tang vasknyp as jy sukkel om dit tussen jou vingers vas te hou. Probeer om die spykers min of meer ewe diep in te slaan. Jy kan ’n los plankie as gids gebruik.
Tou

5 Buig spykers wat effens skeef ingekap is met jou tang reguit of tik dit met jou hamer reg. Trek dan die patroon versigtig af.
0412EOhowtostringart- 12

6 Maak ’n stewige dubbel-knoop om die eerste spyker. Draai die gare om die volgende spyker en dan die volgende een. Hou so aan tot die hele fietsie gedoen is. Hoewel toukuns altyd streng volgens ’n patroon gedoen is, kan jy hier maak soos dit vir jou mooi lyk. Probeer wel om nie die gare meer as twee of drie keer om dieselfde spyker te draai nie – dit sal die gare te dik maak – en vul leë spasies in soos jy vorder.
0412EOhowtostringart- 14



(Idees Tydskrif)