Monday 12 March 2012

Tamaties

• As tamatie- en uiemoes gemaak word vir braaivleis of ander geregte, gooi ‘n kwart koppie melk op die end by en roer goed. Dit voorkom sooibrand by die mans. ‘n Knippie kerriepoeier by tamatiesop verbeter die smaak.
• Tamatiesous - Gebruik 2 kg Tamaties waarvan die kern en pitte verwyder is, 2 koppies suiker, ¼ koppie appelasyn, ½ teelepel sout. Versap die bestandele saam en kook by ‘n lae hitte vir ongeveer 1½ uur. Roer gereeld. Gooi deur ‘n sif om stukkies te verwyder Voeg 1verpoeierde Vitamien C tablet by om die kleur te behou. Vries of lê die tamatiesous in vir latere gebruik. Rissiepoeier of paprika kan voor die kook proses bygevoeg word vir smaak.