Friday 23 March 2012

Sagopoeding - Mikro


500 ml melk
60 ml sago
2 eiers
5 ml vanilla
60 ml suiker

2 ml sout
appelkoos konfyt

• Week sago tenminste 2 uur lank in die melk (oornag is beter).
• Bring in die mikrogolfoond, op hoog tot kookpunt en roer elke 3-5 minute.
• Meng eiergele, geursel, sout en die helfte van die suiker.
• Roer dit geleidelik by die warm mengsel in en mikrogolf verder totdat dit net begin verdik. Moet dit nie té lank mikrogolf nie, anders sal dit skif.
• Gooi in ‘n gesmeerde, vuurvaste bak.
• Skep teelepels vol konfyt in die mengsel.
• Klop eierwitte totdat dit sagte punte vorm en klop die res van die suiker geleidelik by.
• Smeer meringue oor en bak @ 180ºC totdat die meringue liggies verbruin het.