Thursday 8 March 2012

PASTA-EN-TUNASMULTERT


2 groot tamaties in skywe gesny                                    
2 groot uie opgekap
2 blikkies tuna (in water)                                                 
500-750ml reeds gemaakte dik witsous 500ml gaar pasta, noedels of
macaroni                                                                       
500ml gerasperde Cheddarkaas
sout en peper na smaak

Smoor of braai uie en tamatie en meng die tunavis by. Plaas die uie en tamatiemengsel in 'n groot oondvaste glasbak. Meng nou die pasta en witsous by. Meng alles goed en geur met sout en peper. Strooi nou die gerasperde kaas egalig bo-oor die mengsel. Bak vir omtrent 30 minute in oond van 180C. Om meer volume te kry, kan u twee tot vier geklitste eiers by mengsel inroer voordat u die kaas oorstrooi. Bedien met 'n vars slaai en brood. Die bestanddele kan gehalveer word vir 'n kleiner hoeveelheid.