Thursday 15 March 2012

PAASKRANS























Maak 'n mooi krans om die gewydheid van Paasfees te vier. 
Jy benodig
·         oase-ring (te kry by bloemiste)
·         wit vere (te kry by handwerkwinkels)
·         polistireen-eiers (te kry by handwerkwinkels)
·        
·         wit handwerkverf
·         verfkwas
·         kleurlose sterk gom
·         lint
So maak jy
1 Bedek die hele ring met vere wat jy met 'n kleurlose sterk gom soos Bostik Clear Gel Adhesive vasplak. Laat dit droog word.
2 Verf die polistireen-eiers met wit handwerkverf om dit meer soos regte eiers te laat lyk. Die beste is om eers die boonste helfte te verf en dit in 'n eierhouer te laat droog word voor jy die onderste helfte verf en ook so laat droog word.
3 Maak 'n klein gaatjie aan die bo- en onderkant van elke kwartel-eier en blaas dit baie versigtig leeg. Spoel die eiertjies uit en laat dit droog word.
4 Plak die polistireen- en kwartel-eiers met sterk gom op die verekrans vas en bind dit met 'n lint om 'n stoel of aan 'n tak vas.
vars kwartel-eiers (te kry by deli's en sommige supermarkte)