Tuesday, 6 March 2012

’n Fakkel van ’n Herwonne Wynbottel




















Verskyn in die September 2010 uitgawe van Die Tuinier.

Verleen atmosfeer aan jou aande buite terwyl jy die muskiete weghou met hierdie sitronella-olie fakkel

MAAK SÓ

Stap 1: Besluit waar die fakkel gemonteer moet word en merk waar die drie skroewe moet kom om die rugplaat vas te skroef.

Stap 2: Om die fakkel te maak: Gom die 15 cm lange koperpyp in die koppelstuk vas en laat droog word. Skroef die koppelstuk aan die rugplaat vas.

Stap 3: Druk die houerkolf by die ander punt van die pyp in, maak seker dit is vas, en skroef die rugplaat aan die muur vas.

Stap 4: Om die pithouer te maak: Gom die 5 cm lange koperpyp aan die oorblywende reguit koppelstuk vas. Laat die gom droog word. Trek die pit deur die waster, koppelstuk en pyp en laat 2 cm oop aan die bokant.

Stap 5: Gebruik die tregter en maak met die bottel vol sitronellafakkelolie. Gly die pit in die olie in en die res van die pithouer in die bek van die bottel in.

Stap 6: Plaas die nek van die bottel teen die ronding van die houer en klamp dit op sy plek vas. Die pit moet eers ‘n paar minute lank die olie opneem voor ‘n mens dit aansteek. As dit nie gebruik word nie, bedek die pit met die koperdop om dit droog te hou.