Monday 5 March 2012

Maak jou eie tuin bakke

Maak jou eie sement houers vir plante.  Jy kan enige vorm maak waarvan jy hou en jy kan dit agterna ook versier met mosaiek as jy dit verkies.  Dis 'n vinnige en maklike naweekprojek wat enigiemand kan aanpak.

Benodig:
1 Plastiek kom
1 Plastiek bak wat binne in die kom pas (genoeg spasie tussen die twee om ‘n rand te vorm)
Cook ‘n Spray
Ready mix sement
Water

Wenk:  ‘n Plastiek “creamcheese” houertjie en ‘n ronde margarine houertjie werk baie goed saam in stede van plastiek kom en bakke.  (Veral as jy vetplantjies wil plant waarvan die wortelstelsel nie groot is nie.)

Stappe om te volg:
1)      Maak die sement aan sodat dit amper so dik is soos grondboontjie botter.  Dit moenie te loperig wees nie.  Jy moet die sement kan vorm.
2)      Spuit Cook ‘n Spray baie goed aan die binne-kant van jou kom voordat jy die sement in gooi.  (‘n Dik laag.)
3)      Spuit ook die onderkant van die plastiek bak wat jy dan binne-in jou kom met die sement mengsel plaas.
4)      Maak die “rand” tussen die twee bakke gelyk met ‘n troffel of ‘n ou liniaal en plaas ‘n gewig of klippie binne in die boonste bak sodat jy stewig bly.
5)      Plaas die bak in die son tot goed droog  (± 24 tot 36 uur - Afhangende van die dikte van jou sement bak – dit mag tot ‘n week neem om heeltemal droog te word.)
6)      Spuit of verf ‘n sement seëler op jou bak voor jy dit gebruik.

Wenk:  As jy dreinerings gaatjies onder in wil hê, moet jy vooraf gaatjies boor in die onderste plastiek kom, waardeur jy dan dun stokkies of pypies steek voor jy die sement ingooi, sodat die gaatjies oop bly.  Jy kan die gaatjies agterna boor, maar dan moet jy seker maak jou bak is goed droog.