Thursday 22 March 2012

Ketel

• Vul nuwe ketel met helfte wit asyn en helfte water. Kook en laat oornag staan. Spoel die volgende dag uit met skoon water.
• Vir die aanpaksel in jou ketel, gooi een pakkie of 3 eetlepels wynsteensuur by, kook en spoel ketel uit. Dis onmiddelik skoon.
• Aanpaksels aan ‘n ketel se element kan verwyder word deur te kook met asyn
• Voorkom aanpaksel deur ‘n glas albaster permanent in die ketel te gooi.
• Plaas ketel in vrieskas totdat kante gevries is, sodra dit ontdooi kom die aanpaksel af.