Friday 23 March 2012

Gestoome Sagopoeding

Estie Nel . 4 e sago, 1 e botter, 3/4 k melk, 2 e appelkooskonfyt, 2k sagte broodkrummels, 1t koeksoda, 1 k suiker, 1/4 t sout, 1 eier Week sago oornag in melk. Voeg broodkrummels by. Klop botter met n bietjie van die suiker tot lig. Voeg die eier by en klop die orige suiker geleidelik by. Voeg die sout ook by. Roer die koeksoda in die appelkooskonfyt en voeg dit by. Meng alles goed saam. Gooi die mengsel in n gesmeerde vorm, en maak dit dig toe met n gesmeerde deksel of papier. Stoom dit 2 uur lank. Dien op met karamelsous.