Wednesday 7 March 2012

Aartappels



















·         Voeg suurlemoensap by die water as jy ´n aartappel met skil en al kook. Die aartappel sal wit wees en jou potte sonder vlekke.
·         Om te verhoed dat aartappels uitloop plaas jy ‘n vars groen appel by dit.
·         Laat aartappels ‘n half-uur lank in melk lê om mooi bruin te bak.
·         Gooi ‘n eetlepel melk in ‘n kastrol waarin jy aartappels kook. Dit voorkom dat dit kleur verloor.
·         Kapokaartappels is lig en sag as ‘n knippie bakpoeier bygevoeg word.
·         ‘n Gerasperde ui gee ‘n besonderse smaak aan kapokaartappels.
·         ‘n Bietjie melkpoeier maak die aartappels ook mooi donsig.
·         Voeg ‘n bietjie gerasperde suurlemoenskil by aartappelslaai vir ‘n pikante smaak.
·         Giet slaaisous oor terwyl die aartappels nog lou is en dit trek in die aartappels in.