Almarie de Jager
1 Koppie Meel
1 Koppie Suiker
2 Teelepels Bakpoeier
3 Koppies Gaar Pampoen of Botterskorsie (nie waterig)
1 Teelepel Sout
2 Eetlepels sagte Botter
3 Eiers, geklits
250ml Room (of ½ room, ½ volroommelk)
Kaneelsuiker om bo-oor te strooi
Voorverhit oond: 180°C
Metode:
1. Meng al die bestanddele, behalwe die kaneelsuiker.
2. Gooi die mengsel in 'n gesmeerde oondvaste bak.
3. Bak vir 40 tot 45 minute op 180°C. Dit is nog effens sag as gaar.
4. Strooi kaneelsuiker oor as die tert effens afgekoel het. Laat genoeg tyd toe vir die tert om af te koel, dit sny en skep dan baie maklik.
Die resep kan met vertroue verdubbel word. Gebruik dan jou oond se braaipan om dit in te bak. Na jy die gewone resep gemaak het sal jy sien dis nodig om dit volgende keer dubbel te maak, want dit vlieg as dit op tafel kom! ‘n Gunsteling by oud en jonk.