Wednesday, 8 February 2012

Hoender-en-rys-gebak





















6 porsies

* bietjie olie
* 2 uie, gekap
* 2,5 ml (½ t) knoffel, gekap
* 5 ml (1 t) droë gemengde kruie
* 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
* 6 hoenderborsies, in blokkies gesny
* 410 g (1 blik) pitmielies
* 420 g (1 blik) gekapte tamaties
* 15 ml (1 e) tamatiepasta
* 2 hoenderaftrekselblokkies
* 5 ml (1 t) bruinsuiker
* 1,5 ℓ (6 k) gaar witrys
* 500 ml (2 k) cheddar, gerasper

KAASSOUS
* 60 ml (4 e) botter
* 60 ml (4 e) koekmeel
* 1 ℓ (4 k) warm melk
* sout na smaak
* rooipeper na smaak

Stel oond op 180 °C.
1. Verhit olie en soteer uie en knoffel tot sag.
2. Voeg kruie by en soteer nog bietjie. Voeg soetrissie by
en soteer nog 2 min. Skep uit.
3. Verhit nog bietjie olie en soteer hoender tot gaar.
4. Voeg pitmielies, tamaties, tamatiepasta,
aftrekselblokkies en bruinsuiker by hoender en laat prut
vir 5 min.
5. Roer uimengsel by hoendermengsel.
6. Kaassous Smelt botter en roer koekmeel by. Voeg warm
melk bietjies-bietjies by terwyl geroer word sodat klonte
nie vorm nie.
7. Skep helfte van gaar rys onderin groot oondbak. Skep
helfte van hoendermengsel bo-op.
8. Skep helfte van kaassous bo-op. Herhaal weer lae.
9. Sprinkel kaas bo-oor en bak vir 25 min.
10. Sit warm voor.