Friday 13 January 2012

Tamatiesmoor

Leonie Scott se resep

Ek sit vir jou my Rusty Special op. Hou weke lank in die yskas as jy dit bottel.
Heerlik saam met pap en hot dogs.
Of sommer so saam 'n tjoppie!
Ewe lekker op toast.

1,2 kg ryp tamaties - fyn gesny

2 groot uie - fyn gesny
5 knoffelhuisies - gekap
5 groen rissies - fyn gekap - ek haal die pitjies uit anders brand dit te veel
1 kop olie - dit klink baie maar dis deel van die sous

Verhit olie oor stadige hitte en gooi uie, knoffel en rissies by.
Kook tot sag en voeg by
1 eetl kerrie - ek gebruik cartwrights medium
2,5 ml borrie
Kook deur.
Voeg tamaties by asook 7,5 ml sout en 1 eetlepel suiker.
Kook oor stadige hitte totdat al die water weggekook het.
Ongeveer 'n uur.
Proe of daar nog sout kort en voeg by as jy van meer sout hou.