Wednesday, 25 January 2012

Salm
























Kyk vir 'n natuurlike pienk kleur wanneer jy salm koop. Die vis se pienk kleur is te wyte aan die feit dat hulle hoofsaaklik van skulpvis leef. 'n Vleis wat egter helder pienk is kan 'n aanduiding wees dat die vis sintetiese kleurstowwe gev...oer is op 'n plaas. Die wit strepies vet tussen die spiere moet so klein as moontlik wees en die spiere so groot as moontlik. Te groot vetstrepe kan dui op ongesonde salm afkomstig van 'n plaas en klein spiere kan daarop dui dat die vis nie genoeg ruimte gehad het om behoorlik te swem en te ontwikkel nie.

Dit word algemeen aanvaar dat die vis een van die gesondste voedselbronne is. Dit is ryk aan omega-3 vetsure en is 'n goeie bron van proteïene. Geblikte salm is boonop ryk aan kalsium weens die bene wat saam met die vis verbruik word.