SPAAR WENK: ‘n Goedkoop manier om jou etenstafel te versier vir kersfees sonder om ‘n wa-vrag geld te spandeer op kersversierings, is om vrugte te gebruik. Rooi en groen appels is perfek hiervoor. Jy kan ook rooi en groen druiwe gebruik, maar die appels is eintlik heel tradisioneel aan kersfees temas.
Stapel hulle in ‘n toring op mekaar bo-op ‘n mooi koekbord en versier tussen in met groen takkies uit jou tuin. As jy ‘n “cupcake stand” het, kan jy die appels op die staander sit soos jy met cupcakes sou maak. Bind dan ‘n rooi of groen strikkie aan elke appel se steeltjie vas. (Bv. ‘n rooi strikkie as dit groen appels is, en anders om….) Voordeel hieraan? Jy kan die appels later gebruik en deel maak van ‘n vrugteslaai vir die dag na kersfees.