Thursday 17 November 2011

SKAAPBOUD TREFFER























1 skaapboud (ongeveer 1,6kg)
5 knoffelhuisies (in repe gesny)
12,5ml droë tiemie

500ml karringmelk
12,5ml mielieblom (aangemaak met
1 eier (geklits)
bietjie water)
sout en varsgemaalde swartpeper

Steek gaatjies met 'n skerppuntmes in die boud en druk 'n knoffelreep in elke gaatjie. Meng die res van bestanddele buiten die sout en peper in 'n groot mengbak. Verhit tot die mengsel verdik. Laat goed afkoel. Plaas vleis in afgekoelde mengsel en laat 12 uur lank in die yskas staan. Voorverhit oond tot 160C. Verwyder die boud uit die mengsel, geur goed met sout en swartpeper en plaas bo-op 'n draadrakkie in 'n groot oondbak. Bak 25 minute lank per 500g plus 20 minute ekstra. Bedruip gereeld met die karringmelk-marinade. Sny in skywe en dien op.