Thursday 17 November 2011

Heuning Geroosterde Varkboud




















1.5kg varkboud
60ml rosyne
30ml roosmarynblare
vars gemaalde swartpeper na smaak
125ml heuningsout na smaak
410g(1 blik) heel tamaties
180ml appelwyn of ligte witwyn

Verwyder die vel van die boud. Maak met 'n mes diep kepies in die vetlagie tot in die vleis. Druk 'n paar rosyne en 'n paar roosmarynblare in elke keep. Geur vleis met peper en smeer heuning oor die vleis.

Maak boud toe in foelie en plaas op 'n koel plek, maar nie in die yskas nie. Laat staan ten minste vir 12 uur lank. Voorverhit die oond tot 160C. Geur die varkboud met sout en bedruip weer met heuning. Plaas boud in oondpan en bak oop vir 1½ uur.

Plaas tamaties in 'n versapper, voeg wyn by en verpulp. Voeg tamatiemengsel by vleis. Bak nog 30 minute lank. Gooi tamatiesous deur sif, sny vleis en sit voor saam met die sous.