Wednesday, 23 November 2011

GEBAKTE BROODROLLETJIES MET ROOMSOUS

klaar bereide brooddeeg gerys
en afgeknie

sous:
125 g spekvleis gesnipper
1 blik tamatie en uiesmoor
250 ml vars room
swartpeper
vars pietersielie
250 ml cheddarkaas gerasper

Voorverhit oond tot 100°
Smeer ‘n plat swartpot of ‘n kasserolbak met botter
Knyp stukke deeg af en vorm in bolletjies
Pak die deegbolle taamlik naby aan mekaar in die bak en laat rys goed uit in die oond
Soteer intussen spek tot gaar, voeg tamatie-en-uiesmoor by en verhit tot kookpunt.
Laat prut tot effens afgekook ~ verwyder van hitte, roer room by en geur met sous, peper en pietersielie
Verwyder bak uit oond en verhoog die temperatuur tot 180°
Giet sous oor die deeg en bak 40-50

(J v d Berg)