Tuesday 1 November 2011

Droog blommetjies uit jou tuin


Blomme heeljaar:  Wie onthou nog blommetjies wat gedroog was in ‘n boek?  Jy hoef nie ‘n duur leesboek te gebruik hiervoor nie, gebruik eerder ou telefoongidse, want dis lekker swaar en werk baie goed.  Ou tydskrifte sal ook werk.  Dis ‘n wonderlike projek vir kinders en grootmense.
Oulike idees:
1)Maak jou eie kersfees geskenk kaartjies.
2)Maak boekmerkies en laat dit lamineer.  (Dis goedkoop.)
3)Maak jou eie kersfees kaartjies om na familie en vriende te stuur.
4)Maak ‘n collage van die blommetjies op ‘n A4 papier en laat dit lamineer.  Gebruik dit dan as plekmatjies vir ‘n kinder verjaardagpartytjie of tuintee.
5)Kinders kan hul eie prentjie maak met die blommetjies en jy kan dit dan raam en ophang in hul kamer.  (Baie oulik vir ‘n dogtertjie kamer wat dalk ‘n “fairy-garden” tema het.
6)Versier kerse met die blomme.