Sunday 20 November 2011

BLANC MANGE

Corne v Zyl se resep
 
Hier is 'n heerlike, eenvoudige, baie outydse nagereg resep.


BESTANDDELE
3 Kop melk
1/4 Kop maizina
1/2 Kop suiker
Vanilla geursel (of eie keuse soos bv. almond of lemoen geursel)
Sjokolade krulle of gerasperde sjokolade vir versiering

METODE
Meng maizina en suiker met ‘n klein bietjie melk tot ‘n pasta. Gooi die res van die melk in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Verminder die hitte en roer die maizina mengsel stadig by. Gooi die geursel by en meng goed. Giet uit in bak, vorm of individuele bakkies laat bietjie afkoel en laat stol in die yskas.

Varisasies:
1. Sit twee kaneelstokkies in die melk terwyl dit tot kookpunt gebring word. Verwyder en voeg maiziena mengsel by. Gooi bietjie fyn kaneel bo-oor die nagereg.
2. Kook melk met 1 lemoen se skil in repies gesny en vol metode soos by 1 hier bo.
3. Gooi likeur by die mengsel in plaas van geursel.
4. Voeg 3 tl (of meer na smaak) kakao by vir ‘n sjokolade nagereg. (vermeerder die melk so bietjie of sit so klein bietjie minder maizina in)
5. Voeg vrugtemoes by die maiziena mengsel (verminder die melk so bietjie of sit so klein bietjie meer maizina in)
6. Bedien met ‘n heerlike soet vrugtestroop of karamelsous.
7. Bedien saam met jellie, of gemengde vrugte

DIE VARIASIES HIEROP IS EINDELOOS. GEBRUIK JOU VERBEELDING.