Friday 21 October 2011

Linte om 'n glaspot

Somtyds het mens nie 'n blompot wat elke geleentheid sal pas nie en as jy wel so een het, lyk hy dieselfde by elke geleentheid......
Hier is 'n idee hou jy dit kan opvrolik.

Neem 'n gewone glas pot vir blomme en draai materiaal linte daarom.  Jy kan speel en jou verbeelding hier sommer laat hardloop in enige rigting wat vir jou mooi is.
As dit vir 'n baba-tee is, dalk sagte pastelkleure.
As dit vir kersfees is, dalk rooi en groen en wit kleure.
Jy kan dit aanpas net soos jy wil om jou tafel, dekor en kleurskema te pas.
En die lekkerte hiervan, more kan jy dit weer gebruik met heel ander kleure en niemand gaan dink dis dieselfde pot nie.