Tuesday 18 October 2011

Koringvrye vrugtetertjies
























Maak: 36
Baktyd: 15-20 minute
Oondtemperatuur: 200 °C
Kors240 g sojameel
120 g aartappelmeel
120 g rysmeel
100 ml strooisuiker

400 g botter
50 ml yswater (om en by)
20 ml suurlemoensap
Vulsel50 g rosyntjies
50 g sultanas
50 g droëpere, gekap
50 g droë-bosbessies
1 middelslag-Granny Smith-appel, die klokhuis verwyder en in blokkies gesny
30 g gepelde amandels, grofgekap
7 ml gemengde speserye
2 ml fyn naeltjies
75 ml lemoensap
40 ml heuning
20 ml brandewyn (opsioneel)
1 eier, geklits
versiersuiker om oor te sif
Kors
1
Sif al die meel en ’n knypie sout in ’n groot mengbak saam. Gooi die suiker by en meng dit liggies by. Sny die botter in kleiner stukkies en vryf dit in die mengsel totdat dit soos fyn broodkrummels lyk. Meng die yswater met die suurlemoensap en voeg dit stadig en bietjies-bietjies by die meelmengsel. Meng dit met ’n slaplemmes totdat die mengsel ’n deeg begin vorm. Bedek dit en sit dit vir 30 minute in die yskas.
2 Haal die deeg uit die yskas en laat dit staan sodat dit kamertemperatuur bereik. Rol dit omtrent 3 mm dik uit op ’n oppervlak wat liggies met sojameel of mielieblom bestrooi is. Gebruik ’n ronde koekiedrukker en druk 36 sirkels uit die deeg. Pak die sirkels netjies in gesmeerde quichepannetjies.
3 Rol die deeg weer uit en druk nou 36 stervorms daaruit. Dit moet groot genoeg wees sodat dit bo-op die tertjies pas. Sit dit eenkant.
Vulsel
1
Meng die vrugte, neute en speserye saam in ’n kastrol. Gooi die lemoensap, heuning en brandewyn (as jy dit gebruik) by en verhit dit stadig totdat die vloeistof geabsorbeer is. Laat dit eenkant effens afkoel.
2 Skep van die vulsel in elke tertdoppie. Verf die deeg se rande met eier en pak ’n stervorm bo-op. Druk dit versigtig vas aan die rande. Verf die bokant met eier en bak dit vir 15 tot 20 minute of tot goudbruin. Laat die tertjies afkoel en bêre dit in ’n lugdigte houer. Sif net voor opdiening versiersuiker bo-oor.

(Resep uit Idees Tydskrif)