Tuesday, 4 October 2011
Koffietert
Dankie Nicolien van Schalkwyk vir die resep
KOEKLAAG:
250ml suiker
4 ekstra-groot eiers
60ml melk
60ml water
5ml vanieljegeursel
375ml koekmeelblom (180gr)
10ml bakpoeier
1ml sout
15ml kitskoffiepoeier
30ml margarien
STROOP:
375ml kookwater
175ml suiker
50ml brandewyn
25ml kitskoffiepoeier
5ml vanieljegeursel
VULSEL:
1 blik karamelkondensmelk
15ml suurlemoensap
250ml melk
1 pakkie karamelkitspoeding (90gr)
250ml room, styf geklop
sjokoladekrulle of flake vir versiering
Voorverhit oond tot 180 ºC (350ºF)
Smeer 'n 26 cm tertbord met margarien. Koeklaag: klits eiers en suiker tot lig en romerig. voeg melk, water en geursel by en klits goed. Sif res van droë bestanddele saam, voeg by eiermengsel en meng goed. Smelt margarien en roer by. Giet in bord en bak sowat 30 minute of tot gaar.Maak stroop: giet al die bestanddele in 'n kastrol en verhit tot kookpunt. Roer gedurig tot al die suiker opgelos is, kook dan 5 minute lank. Giet warm stroop oor die koeklaag as dit uit die oond kom.Vulsel: Klits karamelkondensmelk saam met sap tot glad, smeer oor koeklaag. Meng melk en poeding vir 1 minuut. Plaas in yskas tot verdik, meng met room en smeer oor kondensmelk. versier soos verkies. Lewr 'n groot tert.(Ek verdubbel die stroopbestanddele, die tert is dan klammer en baie lekkerder.)