Monday 10 October 2011

Goggas in die bome - 'n groen oplossing

Somtyds sit mens met aardige plat goggas wat oral op die bome in jou tuin rond kruip, maar hoe gemaak om van hul ontslae te raak?

Verlede jaar het ek met presies hierdie probleem gesit.  Plat stink goggas het oral op 'n boom in my tuin gekuier en later glad versprei na die ander bome ook, maar maak nie saak hoe ek probeer het nie, niks wou werk om hul weg te jaag nie. 
Deur die jaar het ek die voëltjies na my tuin gelok.  Hier en daar het ek 'n saad bakkie op gehang in die groot boom voor my huis vir die voëltjies om te kom eet en 'n voëltjiebad met skoon water is ook reg onder die groot boom in my tuin staan gemaak.  Die voëltjies het binne 'n paar uur geweet daar is kos en water en hulle het almal kom kuier en kuier nog steeds heerlik in my tuin.
Die boom.............het nou nie 'n enkele gogga nie. 
Dus - die wenk van my kant is om voëltjies na jou tuin te lok.  Hulle raak gou-gou ontslae van al die peste en plae en spaar jou 'n hele paar rand op duur gifstowwe wat in elke geval net skadelik is vir ons almal.

Voëltjies sal in jou tuin kom kuier as daar saadjies is om te eet en 'n waterbak is waarin hulle kan bad.  Bome wat bessies dra of waarin hulle net kan sit en veilig voel, sal ook 'n groot hulp wees.  Dalk hang daar nog een van die dae 'n voëlnessie in die boom in jou tuin.....