Thursday 20 October 2011

Beskuitpoeding





















500 ml melk
125 ml suiker

Skil van 1 lemoen en 1 suurlemoen
1 kaneelstokkie
2 ekstra-groot eiers
125 ml volgraanbeskuitkrummels (vars of droog)
'n Knippie sout

Voorverhit die oond tot 170 grade C. Giet die melk in 'n kastrol en voeg die suiker, skil en kaneel by. Bring tot kookpunt, laat vir 20 minute trek en syg deur 'n sif of moeseliendoek. Klits die eiers en voeg die melk en sout by. Voeg die beskuitkrummels by en giet in 'n kleinerige gesmeerde vuurvaste bak. Bak vir 45 minute tot goudkleurig en ferm. Genoeg vir ses mense.