Monday 12 September 2011

VRIENDSKAPS KOEK – PLANTJIE

125ml Koekmeelblom
... 125ml sterk lou melk of water (of ‘n mengsel van die twee)
2 ml Aktiewe droë suurdeeg of ¼ koekie vars, saamgeperste suurdeeg
2ml suiker
Meng al die bestanddele goed saam en laat 2-3 ure op ‘n warm plek staan tot skuimerig. Roer dit af en gooi dit in ‘n glasbottel met ‘n skroefdeksel of in ‘n mengbak wat met waspapier of kleefplastiek bedek is.
1ste dag
Voeg by die 250ml plantjie:
250ml melk
250ml koekmeelblom
125ml suiker
Roer tot gemeng, bedek en plaas in koelkas.
2e-4e dag:
Roer elke dag een keer om, bedek en plaas terug in koelkas.
5e dag:
Voeg weer by:
250ml melk
250ml koekmeelblom
125ml suiker
Roer tot gemeng, bedek en plaas terug in koelkas.
6e-9e dag:
Roer elke dag een keer om, bedek en plaas terug in koelkas.
10e dag:
Gee 250ml van die mengsel aan ‘n vriendin, hou 250ml vir jouself vir die volgende koekmengsel en gebruik die oorblywende plantjie mengsel om jou vriendskapkoek van te bak.