15 ml speserye vir suurtjies
4 heel peperkorrels
4 heel kruie naeltjies
2 ml fyn neut
stukkie heel gemmer
750 ml bruin asyn
klein uitjies
sout
witsuiker
Bind speserye in gaasdoek toe. Giet asyn in emalje kastrol en voeg sakkie by. Verhit tot kookpunt. Kook 3 min met deksel op. Laat afkoel en verwyder sakkie. Skil soveel uitjies as wat jy wil.
Maak soutoplossing,
50 ml sout by elke 500 ml water.
Bedek uitjies daarmee en laat oornag staan.
Gooi 10 ml suiker in elke fles wat gebruik word.
Pak flesse vol uitjies en vul met asyn. Verseël en laat minstens ñ weel staan voor gebruik