Wednesday 24 August 2011

TUNA KOEKIES
















Roline de Beer het hierdie resep gestuur


Maklike tuna koekies om te maak! Baie lekker! Ek koop glad nie meer die boksie viskoekies nie!

2 blikkies tuna, gedreineer
1 ui, fyn gekap
4 hard gekookte eiers, fyn gekap
1
½ kop vars broodkrummels
2 eetl vars pietersielie, gekap OF
1 eetl droë pietersielie
sout & peper na smaak
genoeg olie vir vlakbraai

Sous:
1 kop mayonnaise
4 teel suurlemoensap
1 agurkie, gyn gekap
4 teel vars pietersielie OF
2 teel droë pietersielie

1) Meng al die bestanddele vir die koekies, behalwe die olie.
2) Laat 'n paar minute staan sodat die broodkrummels die vog kan op trek.
3) Druk die mengsel tussen jou palms in verlangde koekie grootte.
4) Verhit olie tot med-wram. Soos as jy sal visvingers braai.
5) Braai koekies goudbruin aan albei kante.

Vir die sous: Meng al die bastanddele goed en bedien bo-oor of saam met koekies

*Ek meng gewoonlik bietjie Maizena met Aromat en Knoffelsout en bedek elke koekie eers deeglik daarmee voor ek dit bak. Dit maak dit lekker "crispy".
*Ek het nog nooit die sousie volgens hierdie resep gemaak nie. Ek maak sommer die "pienk dip" saam met dit. Mayonnaise + tamatiesous + bietjie blatjang + sout & peper of aromat.
*Die koekies is VREESLIK delikaat. Ek het al probeer om 'n rou eier by te roer maar dit maak nie veel van 'n verskil nie. So wees maar versigtig met die omdraai.