Thursday 11 August 2011

Lourierboom / Bay tree (Bayleaves)

Lourierboompies is regtig maklik om te groei aangesien hulle nie veel spesiale aandag benodig nie.  ‘n Plekkie in die son en gereelde water is al wat hul vra.  Lourierbome kan in potte geplant word en jy kan hul ook vormsnoei om mooi stokkielekker-boompies te wees.  Of laat hom oor aan die natuur en hy kan ‘n redelike groot boom raak met tyd.   
Vir gebruik in kos, pluk jy jou eie lourierblaartjies, was hul mooi skoon en droog hul in die oond.  Jy hoef nooit weer gedroogde blaartjies in die winkel te koop nie.
Miet, miere en kakkerlakke hou niks van lourierblare nie.  Sit ‘n paar blaartjies agter in jou koskas en hou ‘n blaartjie of twee ook waar jy jou rys en meel stoor.
Beslis ‘n boompie wat enige kruie- of groentetuintjie pragtig sal afrond of plant hom by die voordeur  of braai-area in ‘n mooi pot om jou gaste te verwelkom.