Thursday 11 August 2011

Kolewyntjie koek idee

Wie sê daar moet altyd ‘n vierkantige of ronde verjaarsdag koek wees?  Nee wat wees bietjie anders hierdie jaar.  Gewone kolwyntjies (cupcakes) maak ‘n pragtige koek vir enige verjaarsdag of selfs ‘n ooievaarstee (babyshower / storkparty). 
‘n Maklike manier vir die van ons wat nie so vaardig is in die kombuis nie, is om twee pakkies kits mengsels vir kolwyntjies te koop.  Hulle maak baie maklik aan en is gewoonlik flatervry.  Versier hulle met gewone basiese versiersel (ook deesdae te koop vir kits meng en gebruik en meestal ingesluit by die pakkie). 
Kry by jou naaste speelgoedwinkel klein diertjies in die tema van die funksie en druk hul bo-op vas.  Dis so maklik en almal gaan dink dis pragtig.  As dit vir ‘n verjaarsdag is, druk die kersies oral-oor in die rondte by elke alternatiewe kolwyntjies of dalk net in die “cupcakes” op die boonste laag. 
Die moontlikhede is eindeloos.  Enige tema onder die son:  ‘n Deftige damestee – sit klein versiersuiker rosies op elke kolwyntjie.  ‘n Seuntjie wat verjaar – sit “army-manne” op elke kolwyntjie of dalk ‘n speelgoed karretjie (Cars) of motorfietsie.  ‘n Diere verjaarsdag tema – gebruik plastiek plaasdiertjies wat jy by die goedkoop speelgoed winkels te koop kry (Ice Age diertjies of Jock of the bushveld hondjies) ….en so gaan die idees aan en aan.  Geniet dit.  Dis maklik.