Thursday 18 August 2011

BILTONG FRITTATA


















10 ml Margarien
1 klein uitjie
halwe klein soetrissie ontpir en in blokkies gesny
4 groot eiers
30 ml laevetmelk
50g biltong in baie dun skyfies gesny
50g fetakaas gekrummel
vars pietersielie

Smelt margarien in pan en roerbraai di ui en soetrissie tot deurskynend. Klits eiers en melk tot net gemeng en giet oor die uie en soetrissie. Vou die kante van die eiermengsel stadig met 'n spaan na die middel totdat die mengsel begin stol en strooi dan die biltong fetakaas en gekapte pietersielie bo oor. Plaas die frittata vir 'n paar min onder die rooster element totdat dit mooi verbuin het en heeltemal gestol het. (Indien jy dit ni in die oond wil plaas ni kan jy dit van die hitte verwyder en vir 'n paar min bedek met 'n deksel of foelie totdat die bokant gestol is.